Surah 61 · 14 verses · Imam M. A. Baker

Surah As-Saff in Afrikaans

In English with tafsir

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

61:1

سَبَّحَ لِلَّهِ مَا فِي ٱلسَّمَٰوَٰتِ وَمَا فِي ٱلۡأَرۡضِۖ وَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡحَكِيمُ

Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, dit verheerlik Allah; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse

61:2

يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ لِمَ تَقُولُونَ مَا لَا تَفۡعَلُونَ

O julle gelowiges! Waarom sê julle wat julle nie doen nie

61:3

كَبُرَ مَقۡتًا عِندَ ٱللَّهِ أَن تَقُولُواْ مَا لَا تَفۡعَلُونَ

Dit is afkeurenswaardig in die oë van Allah dat julle dít moet sê wat julle nie doen nie

61:4

إِنَّ ٱللَّهَ يُحِبُّ ٱلَّذِينَ يُقَٰتِلُونَ فِي سَبِيلِهِۦ صَفًّا كَأَنَّهُم بُنۡيَٰنٌ مَّرۡصُوصٌ

Voorwaar, Allah het hulle lief wat op Sy weg in geledere veg, asof hulle ’n hegte muur vorm

61:5

وَإِذۡ قَالَ مُوسَىٰ لِقَوۡمِهِۦ يَٰقَوۡمِ لِمَ تُؤۡذُونَنِي وَقَد تَّعۡلَمُونَ أَنِّي رَسُولُ ٱللَّهِ إِلَيۡكُمۡۖ فَلَمَّا زَاغُوٓاْ أَزَاغَ ٱللَّهُ قُلُوبَهُمۡۚ وَٱللَّهُ لَا يَهۡدِي ٱلۡقَوۡمَ ٱلۡفَٰسِقِينَ

En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk! Waarom belaster julle my terwyl julle weet dat ek Allah se boodskapper na julle is? Maar toe hulle afgedwaal het, het Allah hulle harte vehard. En Allah lei nie ’n opstandige volk nie

61:6

وَإِذۡ قَالَ عِيسَى ٱبۡنُ مَرۡيَمَ يَٰبَنِيٓ إِسۡرَٰٓءِيلَ إِنِّي رَسُولُ ٱللَّهِ إِلَيۡكُم مُّصَدِّقًا لِّمَا بَيۡنَ يَدَيَّ مِنَ ٱلتَّوۡرَىٰةِ وَمُبَشِّرَۢا بِرَسُولٍ يَأۡتِي مِنۢ بَعۡدِي ٱسۡمُهُۥٓ أَحۡمَدُۖ فَلَمَّا جَآءَهُم بِٱلۡبَيِّنَٰتِ قَالُواْ هَٰذَا سِحۡرٌ مُّبِينٌ

En toe Jesus, die seun van Maria, gesê het: O Kinders van Israel! Ek is Allah se boodskapper na julle, en ek bevestig dít wat vóór my reeds in die Tora was, en gee die blye tyding van ’n Boodskapper wat ná my sal kom; sy naam is Agmad. Maar toe hy met duidelike bewyse na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is louter towery

61:7

وَمَنۡ أَظۡلَمُ مِمَّنِ ٱفۡتَرَىٰ عَلَى ٱللَّهِ ٱلۡكَذِبَ وَهُوَ يُدۡعَىٰٓ إِلَى ٱلۡإِسۡلَٰمِۚ وَٱللَّهُ لَا يَهۡدِي ٱلۡقَوۡمَ ٱلظَّٰلِمِينَ

En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin terwyl hy tot Islam opgeroep word? En Allah lei nie die onregverdige volk nie

61:8

يُرِيدُونَ لِيُطۡفِـُٔواْ نُورَ ٱللَّهِ بِأَفۡوَٰهِهِمۡ وَٱللَّهُ مُتِمُّ نُورِهِۦ وَلَوۡ كَرِهَ ٱلۡكَٰفِرُونَ

Hulle begeer om die lig van Allah met hulle monde uit te doof, maar Allah sal Sy lig vervolmaak, ofskoon die ongelowiges daarvan afkering is

61:9

هُوَ ٱلَّذِيٓ أَرۡسَلَ رَسُولَهُۥ بِٱلۡهُدَىٰ وَدِينِ ٱلۡحَقِّ لِيُظۡهِرَهُۥ عَلَى ٱلدِّينِ كُلِّهِۦ وَلَوۡ كَرِهَ ٱلۡمُشۡرِكُونَ

Dit is Hy wat Sy Boodskapper met die leiding en die ware godsdiens gestuur het, sodat Hy dit oor alle ander godsdienste mag laat seëvier, ofskoon die heidene dit haat

61:10

يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ هَلۡ أَدُلُّكُمۡ عَلَىٰ تِجَٰرَةٍ تُنجِيكُم مِّنۡ عَذَابٍ أَلِيمٍ

O julle gelowiges! Sal ek julle voorgaan in ’n onderhandeling wat julle van ’n pynlike straf sal verlos

61:11

تُؤۡمِنُونَ بِٱللَّهِ وَرَسُولِهِۦ وَتُجَٰهِدُونَ فِي سَبِيلِ ٱللَّهِ بِأَمۡوَٰلِكُمۡ وَأَنفُسِكُمۡۚ ذَٰلِكُمۡ خَيۡرٌ لَّكُمۡ إِن كُنتُمۡ تَعۡلَمُونَ

Julle moet glo in Allah en Sy Boodskapper en hard strewe in die weg van Allah met julle besittings en julle lewens. Dit is vir julle beter as julle dit maar weet

61:12

يَغۡفِرۡ لَكُمۡ ذُنُوبَكُمۡ وَيُدۡخِلۡكُمۡ جَنَّٰتٍ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُ وَمَسَٰكِنَ طَيِّبَةً فِي جَنَّٰتِ عَدۡنٍۚ ذَٰلِكَ ٱلۡفَوۡزُ ٱلۡعَظِيمُ

Hy sal julle sonde vergewe en julle in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, en Hy sal aan julle toegang verleen tot pragtige wonings in Tuine van Ewigheid. Dít is die groot sukses

61:13

وَأُخۡرَىٰ تُحِبُّونَهَاۖ نَصۡرٌ مِّنَ ٱللَّهِ وَفَتۡحٌ قَرِيبٌۗ وَبَشِّرِ ٱلۡمُؤۡمِنِينَ

En nog ’n ander seëning wat julle begeer: hulp van Allah en ’n spoedige oorwinning; en bring blye tydings aan die gelowiges

61:14

يَٰٓأَيُّهَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ كُونُوٓاْ أَنصَارَ ٱللَّهِ كَمَا قَالَ عِيسَى ٱبۡنُ مَرۡيَمَ لِلۡحَوَارِيِّـۧنَ مَنۡ أَنصَارِيٓ إِلَى ٱللَّهِۖ قَالَ ٱلۡحَوَارِيُّونَ نَحۡنُ أَنصَارُ ٱللَّهِۖ فَـَٔامَنَت طَّآئِفَةٌ مِّنۢ بَنِيٓ إِسۡرَٰٓءِيلَ وَكَفَرَت طَّآئِفَةٌۖ فَأَيَّدۡنَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ عَلَىٰ عَدُوِّهِمۡ فَأَصۡبَحُواْ ظَٰهِرِينَ

O julle gelowiges! Wees helpers op die weg van Allah, soos Jesus, die seun van Maria, aan sy dissipels gesê het: Wie is my helpers in die weg van Allah? Die dissipels het geantwoord: Ons is helpers in die weg van Allah! Toe het ’n gedeelte van die Kinders van Israel geglo en ’n ander gedeelte het nie geglo nie; en Ons het diegene wat geglo het teen hulle vyand gehelp, en hulle het die oorwinning behaal

Translation: Imam M. A. Baker.