Surah 114 · 6 verses · Imam M. A. Baker
بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
قُلۡ أَعُوذُ بِرَبِّ ٱلنَّاسِ
Sê: Ek neem my toevlug tot die Heer van mense
مَلِكِ ٱلنَّاسِ
die Koning van mense
إِلَٰهِ ٱلنَّاسِ
die God van mense
مِن شَرِّ ٱلۡوَسۡوَاسِ ٱلۡخَنَّاسِ
teen die bose influisteringe van die slinkse duiwel
ٱلَّذِي يُوَسۡوِسُ فِي صُدُورِ ٱلنَّاسِ
wat in die harte van die mense fluister
مِنَ ٱلۡجِنَّةِ وَٱلنَّاسِ
die harte van djien en mense
Translation: Imam M. A. Baker.