Surah 98 · 8 verses · Imam M. A. Baker
Surah Al-Bayyinah in Afrikaans
بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
لَمۡ يَكُنِ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ مِنۡ أَهۡلِ ٱلۡكِتَٰبِ وَٱلۡمُشۡرِكِينَ مُنفَكِّينَ حَتَّىٰ تَأۡتِيَهُمُ ٱلۡبَيِّنَةُ
Die ongelowiges onder die Mense van die Boek, en die heidene, kon hul dwaling nie insien voordat die duidelike bewys aan hulle getoon is nie
رَسُولٌ مِّنَ ٱللَّهِ يَتۡلُواْ صُحُفًا مُّطَهَّرَةً
’n Boodskapper van Allah, wat die suiwer bladsye voordra
وَمَا تَفَرَّقَ ٱلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡكِتَٰبَ إِلَّا مِنۢ بَعۡدِ مَا جَآءَتۡهُمُ ٱلۡبَيِّنَةُ
Ook het hulle, aan wie die Boek geskenk is, nie met mekaar getwis voordat die duidelike bewys aan hulle getoon was nie
وَمَآ أُمِرُوٓاْ إِلَّا لِيَعۡبُدُواْ ٱللَّهَ مُخۡلِصِينَ لَهُ ٱلدِّينَ حُنَفَآءَ وَيُقِيمُواْ ٱلصَّلَوٰةَ وَيُؤۡتُواْ ٱلزَّكَوٰةَۚ وَذَٰلِكَ دِينُ ٱلۡقَيِّمَةِ
Hulle word slegs gelas om Allah te aanbid ~ opreg teenoor Hom in gehoorsaamheid, eerlik ~ en om die gebed te onderhou en offergawes te gee; dít is ware godsdiens
إِنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ مِنۡ أَهۡلِ ٱلۡكِتَٰبِ وَٱلۡمُشۡرِكِينَ فِي نَارِ جَهَنَّمَ خَٰلِدِينَ فِيهَآۚ أُوْلَٰٓئِكَ هُمۡ شَرُّ ٱلۡبَرِيَّةِ
Die ongelowiges onder die Mense van die Boek, en die heidene, sal in die Vuur van die Hel te vinde wees, waarin hulle sal bly. Hulle is die slegste van almal wat geskape is
إِنَّ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ أُوْلَٰٓئِكَ هُمۡ خَيۡرُ ٱلۡبَرِيَّةِ
Maar hulle wat glo en goeddoen, hulle is die beste van alle geskapenes
جَزَآؤُهُمۡ عِندَ رَبِّهِمۡ جَنَّٰتُ عَدۡنٍ تَجۡرِي مِن تَحۡتِهَا ٱلۡأَنۡهَٰرُ خَٰلِدِينَ فِيهَآ أَبَدًاۖ رَّضِيَ ٱللَّهُ عَنۡهُمۡ وَرَضُواْ عَنۡهُۚ ذَٰلِكَ لِمَنۡ خَشِيَ رَبَّهُۥ
Hulle beloning is by hul Heer: Tuine van Ewigheid, waardeur riviere vloei en waarin hulle vir altyd sal bly; en hulle Heer sal weltevrede wees met hulle, en hulle sal weltevrede wees met Hom. Dit alles is vir hom wat sy Heer vrees
Translation: Imam M. A. Baker.