Surah 67 · 30 verses · Imam M. A. Baker

Surah Al-Mulk in Afrikaans

In English with tafsir

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

67:1

تَبَٰرَكَ ٱلَّذِي بِيَدِهِ ٱلۡمُلۡكُ وَهُوَ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءٍ قَدِيرٌ

Geseënd is Hy in Wie se hand die Koninkryk is, en Hy het mag oor alle dinge

67:2

ٱلَّذِي خَلَقَ ٱلۡمَوۡتَ وَٱلۡحَيَوٰةَ لِيَبۡلُوَكُمۡ أَيُّكُمۡ أَحۡسَنُ عَمَلًاۚ وَهُوَ ٱلۡعَزِيزُ ٱلۡغَفُورُ

wat die dood en die lewe ingestel het sodat Hy julle kan beproef ~ wie van julle se dade die beste is. En Hy is die Allermagtige, die Vergewensgesinde

67:3

ٱلَّذِي خَلَقَ سَبۡعَ سَمَٰوَٰتٍ طِبَاقًاۖ مَّا تَرَىٰ فِي خَلۡقِ ٱلرَّحۡمَٰنِ مِن تَفَٰوُتٍۖ فَٱرۡجِعِ ٱلۡبَصَرَ هَلۡ تَرَىٰ مِن فُطُورٍ

wat die sewe hemele eenders geskape het. U sien geen tekort- koming in die skepping van die Barmhartige nie. Kyk dan nog eens; sien u ’n enkele gebrek

67:4

ثُمَّ ٱرۡجِعِ ٱلۡبَصَرَ كَرَّتَيۡنِ يَنقَلِبۡ إِلَيۡكَ ٱلۡبَصَرُ خَاسِئًا وَهُوَ حَسِيرٌ

Draai dan die oog weer eens en nog eens ~ u blik sal verward na u terugkeer, terwyl dit vermoeid is

67:5

وَلَقَدۡ زَيَّنَّا ٱلسَّمَآءَ ٱلدُّنۡيَا بِمَصَٰبِيحَ وَجَعَلۡنَٰهَا رُجُومًا لِّلشَّيَٰطِينِۖ وَأَعۡتَدۡنَا لَهُمۡ عَذَابَ ٱلسَّعِيرِ

En voorwaar, Ons het die naaste hemel met lampe versier, en Ons het hulle tot ’n voorwerp van bespiegeling vir die duiwels gemaak, en Ons het vir hulle die straf van verbranding voorberei

67:6

وَلِلَّذِينَ كَفَرُواْ بِرَبِّهِمۡ عَذَابُ جَهَنَّمَۖ وَبِئۡسَ ٱلۡمَصِيرُ

En vir hulle wat nie in hulle Heer glo nie, is daar die straf van die Hel, en dit is ’n bose bestemming

67:7

إِذَآ أُلۡقُواْ فِيهَا سَمِعُواْ لَهَا شَهِيقًا وَهِيَ تَفُورُ

Wanneer hulle daarin gewerp word, sal hulle ’n harde gesteun hoor soos dit vuur spuug

67:8

تَكَادُ تَمَيَّزُ مِنَ ٱلۡغَيۡظِۖ كُلَّمَآ أُلۡقِيَ فِيهَا فَوۡجٌ سَأَلَهُمۡ خَزَنَتُهَآ أَلَمۡ يَأۡتِكُمۡ نَذِيرٌ

byna barstend van woede. Telkens as ’n groep daarin gedompel word, sal die bewakers daarvan vir hulle vra: Het daar geen waarskuwer na julle gekom nie

67:9

قَالُواْ بَلَىٰ قَدۡ جَآءَنَا نَذِيرٌ فَكَذَّبۡنَا وَقُلۡنَا مَا نَزَّلَ ٱللَّهُ مِن شَيۡءٍ إِنۡ أَنتُمۡ إِلَّا فِي ضَلَٰلٍ كَبِيرٍ

Hulle sal sê: Ja, seker, die waarskuwer het na ons gekom, maar ons het hom verwerp en gesê: Allah het niks geopenbaar nie; julle verkeer slegs in toenemende dwaling

67:10

وَقَالُواْ لَوۡ كُنَّا نَسۡمَعُ أَوۡ نَعۡقِلُ مَا كُنَّا فِيٓ أَصۡحَٰبِ ٱلسَّعِيرِ

En hulle sal sê: As ons maar geluister het en ons verstand gebruik het, sou ons ons nie onder die bewoners van die Brandende Vuur bevind het nie

67:11

فَٱعۡتَرَفُواْ بِذَنۢبِهِمۡ فَسُحۡقًا لِّأَصۡحَٰبِ ٱلسَّعِيرِ

Dan sal hulle hul sondes beken; maar die bewoners van die Vuur is ver van genade

67:12

إِنَّ ٱلَّذِينَ يَخۡشَوۡنَ رَبَّهُم بِٱلۡغَيۡبِ لَهُم مَّغۡفِرَةٌ وَأَجۡرٌ كَبِيرٌ

Waarlik, diegene wat hulle Heer in die verborgene vrees, sal ver- gifnis en ’n groot beloning ontvang

67:13

وَأَسِرُّواْ قَوۡلَكُمۡ أَوِ ٱجۡهَرُواْ بِهِۦٓۖ إِنَّهُۥ عَلِيمُۢ بِذَاتِ ٱلصُّدُورِ

Dit maak nie saak of julle jul woord verberg of openbaar maak nie, Hy weet waarlik wat in julle boesems is

67:14

أَلَا يَعۡلَمُ مَنۡ خَلَقَ وَهُوَ ٱللَّطِيفُ ٱلۡخَبِيرُ

Sou Hy, wat geskape het, nie alles weet nie? En Hy is Allesdeurdringend, die Allerbewuste

67:15

هُوَ ٱلَّذِي جَعَلَ لَكُمُ ٱلۡأَرۡضَ ذَلُولًا فَٱمۡشُواْ فِي مَنَاكِبِهَا وَكُلُواْ مِن رِّزۡقِهِۦۖ وَإِلَيۡهِ ٱلنُّشُورُ

Dit is Hy wat die aarde aan julle diensbaar gemaak het; trek dan rond oor die ruimtes daarvan en eet van Sy lewensmiddele. En tot hom is die opstanding na die dood

67:16

ءَأَمِنتُم مَّن فِي ٱلسَّمَآءِ أَن يَخۡسِفَ بِكُمُ ٱلۡأَرۡضَ فَإِذَا هِيَ تَمُورُ

Voel julle dan veilig omdat Hy wat in die hemel is, julle nie deur die aarde sal laat insluk nie? Kyk dan! dit sal skud

67:17

أَمۡ أَمِنتُم مَّن فِي ٱلسَّمَآءِ أَن يُرۡسِلَ عَلَيۡكُمۡ حَاصِبًاۖ فَسَتَعۡلَمُونَ كَيۡفَ نَذِيرِ

Of voel julle veilig omdat Hy wat in die hemel is, nie ’n orkaan teen julle sal stuur nie? Dan sal julle weet hoe waaragtig My waarskuwing was

67:18

وَلَقَدۡ كَذَّبَ ٱلَّذِينَ مِن قَبۡلِهِمۡ فَكَيۡفَ كَانَ نَكِيرِ

En voorwaar, diegene vóór julle het ook verloën, maar hoe vreeslik was My afkeuring nie

67:19

أَوَلَمۡ يَرَوۡاْ إِلَى ٱلطَّيۡرِ فَوۡقَهُمۡ صَٰٓفَّٰتٍ وَيَقۡبِضۡنَۚ مَا يُمۡسِكُهُنَّ إِلَّا ٱلرَّحۡمَٰنُۚ إِنَّهُۥ بِكُلِّ شَيۡءِۭ بَصِيرٌ

Sien hulle nie hoe die voëls bo hulle hul vlerke uitsprei en intrek nie? Niemand hou hulle op nie, behalwe die Barmhartige. Waarlik, Hy sien alle dinge

67:20

أَمَّنۡ هَٰذَا ٱلَّذِي هُوَ جُندٌ لَّكُمۡ يَنصُرُكُم مِّن دُونِ ٱلرَّحۡمَٰنِۚ إِنِ ٱلۡكَٰفِرُونَ إِلَّا فِي غُرُورٍ

Of wie is daar wat ’n leër sal wees om julle teen die Barmhartige te help? Die ongelowiges word deur niks anders as bedrog omhul nie

67:21

أَمَّنۡ هَٰذَا ٱلَّذِي يَرۡزُقُكُمۡ إِنۡ أَمۡسَكَ رِزۡقَهُۥۚ بَل لَّجُّواْ فِي عُتُوٍّ وَنُفُورٍ

Of wie is daar wat vir julle sal sorg, indien Hy Sy voorsiening sou weerhou? Nee, hulle volhard in opstandigheid en afkerigheid

67:22

أَفَمَن يَمۡشِي مُكِبًّا عَلَىٰ وَجۡهِهِۦٓ أَهۡدَىٰٓ أَمَّن يَمۡشِي سَوِيًّا عَلَىٰ صِرَٰطٍ مُّسۡتَقِيمٍ

Is hy dan wat plat op sy aangesig neerval, die beste geleide, of hy wat regop op die regte weg loop

67:23

قُلۡ هُوَ ٱلَّذِيٓ أَنشَأَكُمۡ وَجَعَلَ لَكُمُ ٱلسَّمۡعَ وَٱلۡأَبۡصَٰرَ وَٱلۡأَفۡـِٔدَةَۚ قَلِيلًا مَّا تَشۡكُرُونَ

Sê: Dit is Hy wat julle in die lewe geroep het, en vir julle ore en oë en harte gegee het; maar julle betuig min dank daarvoor

67:24

قُلۡ هُوَ ٱلَّذِي ذَرَأَكُمۡ فِي ٱلۡأَرۡضِ وَإِلَيۡهِ تُحۡشَرُونَ

Sê: Dit is Hy wat julle op die aarde laat vermenigvuldig, en tot Hom sal julle versamel word

67:25

وَيَقُولُونَ مَتَىٰ هَٰذَا ٱلۡوَعۡدُ إِن كُنتُمۡ صَٰدِقِينَ

En hulle sê: Wanneer sal hierdie dreigement waar word, as julle die waarheid praat

67:26

قُلۡ إِنَّمَا ٱلۡعِلۡمُ عِندَ ٱللَّهِ وَإِنَّمَآ أَنَا۠ نَذِيرٌ مُّبِينٌ

Sê: Daarvan dra alleen Allah kennis, en ek is slegs ’n duidelike waarskuwer

67:27

فَلَمَّا رَأَوۡهُ زُلۡفَةً سِيٓـَٔتۡ وُجُوهُ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ وَقِيلَ هَٰذَا ٱلَّذِي كُنتُم بِهِۦ تَدَّعُونَ

Maar as hulle die straf van naby sal sien, sal die gesigte van die ongelowiges verdrietig wees, en daar sal gesê word: Hier is dít waarom julle geroep het

67:28

قُلۡ أَرَءَيۡتُمۡ إِنۡ أَهۡلَكَنِيَ ٱللَّهُ وَمَن مَّعِيَ أَوۡ رَحِمَنَا فَمَن يُجِيرُ ٱلۡكَٰفِرِينَ مِنۡ عَذَابٍ أَلِيمٍ

Sê: Het julle dit oorweeg, indien Allah my en diegene wat saam met my is, sou vernietig ~ veeleer sou Hy ons genadig wees ~ wie dan die ongelowiges teen ’n smartlike straf sal kan beskerm

67:29

قُلۡ هُوَ ٱلرَّحۡمَٰنُ ءَامَنَّا بِهِۦ وَعَلَيۡهِ تَوَكَّلۡنَاۖ فَسَتَعۡلَمُونَ مَنۡ هُوَ فِي ضَلَٰلٍ مُّبِينٍ

Sê: Hy is die Barmhartige; in Hom glo ons, en in Hom stel ons ons vertroue. En julle sal weldra weet wie in klaarblyklike dwaling verkeer

67:30

قُلۡ أَرَءَيۡتُمۡ إِنۡ أَصۡبَحَ مَآؤُكُمۡ غَوۡرًا فَمَن يَأۡتِيكُم بِمَآءٍ مَّعِينِۭ

Sê: Het julle oorweeg wie, indien julle water diep in die aarde sou wegsak, dan vir julle helder stromende water sal kan bring

Translation: Imam M. A. Baker.