Surah 41 · 54 verses · Imam M. A. Baker

Surah Fussilat in Afrikaans

In English with tafsir

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

41:1

حمٓ

Gaa, Miem

41:2

تَنزِيلٌ مِّنَ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

’n Openbaring van die Barmhartige, die Genadige

41:3

كِتَٰبٌ فُصِّلَتۡ ءَايَٰتُهُۥ قُرۡءَانًا عَرَبِيًّا لِّقَوۡمٍ يَعۡلَمُونَ

’n Boek waarvan die verse verduidelik word; ’n Arabiese Qur’ãn vir ’n volk wat weet

41:4

بَشِيرًا وَنَذِيرًا فَأَعۡرَضَ أَكۡثَرُهُمۡ فَهُمۡ لَا يَسۡمَعُونَ

Goeie nuus, en ’n waarskuwing. Maar die meeste mense draai weg daarvan, en wil nie luister nie

41:5

وَقَالُواْ قُلُوبُنَا فِيٓ أَكِنَّةٍ مِّمَّا تَدۡعُونَآ إِلَيۡهِ وَفِيٓ ءَاذَانِنَا وَقۡرٌ وَمِنۢ بَيۡنِنَا وَبَيۡنِكَ حِجَابٌ فَٱعۡمَلۡ إِنَّنَا عَٰمِلُونَ

En hulle sê: Ons harte is gesluier teen dít waartoe u ons roep, en daar is doofheid in ons ore, en tussen u en ons is ’n skerm; gaan daarom aan met u werk, ons werk ook

41:6

قُلۡ إِنَّمَآ أَنَا۠ بَشَرٌ مِّثۡلُكُمۡ يُوحَىٰٓ إِلَيَّ أَنَّمَآ إِلَٰهُكُمۡ إِلَٰهٌ وَٰحِدٌ فَٱسۡتَقِيمُوٓاْ إِلَيۡهِ وَٱسۡتَغۡفِرُوهُۗ وَوَيۡلٌ لِّلۡمُشۡرِكِينَ

Sê: Ek is maar net so ’n sterfling soos julle. Dit is aan my geopen- baar dat julle God een God is; hou dus op die reguit pad na Hom en vra om Sy beskerming. En wee die heidene

41:7

ٱلَّذِينَ لَا يُؤۡتُونَ ٱلزَّكَوٰةَ وَهُم بِٱلۡأٓخِرَةِ هُمۡ كَٰفِرُونَ

Hulle wat geen offergawes gee nie en wat nie in die Hiernamaals glo nie

41:8

إِنَّ ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَعَمِلُواْ ٱلصَّٰلِحَٰتِ لَهُمۡ أَجۡرٌ غَيۡرُ مَمۡنُونٍ

Diegene wat glo en goeddoen, vir hulle is daar sekerlik ’n beloning wat nooit teruggetrek sal word nie

41:9

قُلۡ أَئِنَّكُمۡ لَتَكۡفُرُونَ بِٱلَّذِي خَلَقَ ٱلۡأَرۡضَ فِي يَوۡمَيۡنِ وَتَجۡعَلُونَ لَهُۥٓ أَندَادًاۚ ذَٰلِكَ رَبُّ ٱلۡعَٰلَمِينَ

Sê: Verwerp julle werklik vir Hom wat die aarde in twee tydperke geskape het, en rig julle gelykes naas Hom op, terwyl Hy tog die Heer van die Wêrelde is

41:10

وَجَعَلَ فِيهَا رَوَٰسِيَ مِن فَوۡقِهَا وَبَٰرَكَ فِيهَا وَقَدَّرَ فِيهَآ أَقۡوَٰتَهَا فِيٓ أَرۡبَعَةِ أَيَّامٍ سَوَآءً لِّلسَّآئِلِينَ

Hy het daarin op die oppervlak van die aarde berge opgerig, en Hy het dit geseën en daarin voedingsmiddele bepaal, in vier tydperke, vir alle soekers ewe veel

41:11

ثُمَّ ٱسۡتَوَىٰٓ إِلَى ٱلسَّمَآءِ وَهِيَ دُخَانٌ فَقَالَ لَهَا وَلِلۡأَرۡضِ ٱئۡتِيَا طَوۡعًا أَوۡ كَرۡهًا قَالَتَآ أَتَيۡنَا طَآئِعِينَ

Daarna het Hy Hom tot die Hemel gewend ~ en dit was ’n soort wasem ~ toe het Hy daaraan en aan die aarde gesê: Kom julle albei, gewillig of onwillig. Beide het gesê: Ons kom gewillig

41:12

فَقَضَىٰهُنَّ سَبۡعَ سَمَٰوَاتٍ فِي يَوۡمَيۡنِ وَأَوۡحَىٰ فِي كُلِّ سَمَآءٍ أَمۡرَهَاۚ وَزَيَّنَّا ٱلسَّمَآءَ ٱلدُّنۡيَا بِمَصَٰبِيحَ وَحِفۡظًاۚ ذَٰلِكَ تَقۡدِيرُ ٱلۡعَزِيزِ ٱلۡعَلِيمِ

So het Hy hulle in twee tydperke verorden as sewe hemele, en vir elke hemel sy taak aangewys. En Ons het die laagste hemel as ’n beskerming met ligte versier. Dit is die verordening van die Allermagtige, die Alleswetende

41:13

فَإِنۡ أَعۡرَضُواْ فَقُلۡ أَنذَرۡتُكُمۡ صَٰعِقَةً مِّثۡلَ صَٰعِقَةِ عَادٍ وَثَمُودَ

Maar as hulle afkerig is, sê dan: Ek waarsku julle teen ’n blits- straal soos die blitsstraal wat Aad en Thamoed bewusteloos geslaan het

41:14

إِذۡ جَآءَتۡهُمُ ٱلرُّسُلُ مِنۢ بَيۡنِ أَيۡدِيهِمۡ وَمِنۡ خَلۡفِهِمۡ أَلَّا تَعۡبُدُوٓاْ إِلَّا ٱللَّهَۖ قَالُواْ لَوۡ شَآءَ رَبُّنَا لَأَنزَلَ مَلَٰٓئِكَةً فَإِنَّا بِمَآ أُرۡسِلۡتُم بِهِۦ كَٰفِرُونَ

Toe die boodskappers hulle van voor en van agter genader het en gesê het: Aanbid niemand buiten Allah; het hulle gesê: As ons Heer wou, sou Hy engele afgestuur het. Daarom glo ons nie in dít waarmee u gestuur is nie

41:15

فَأَمَّا عَادٌ فَٱسۡتَكۡبَرُواْ فِي ٱلۡأَرۡضِ بِغَيۡرِ ٱلۡحَقِّ وَقَالُواْ مَنۡ أَشَدُّ مِنَّا قُوَّةًۖ أَوَلَمۡ يَرَوۡاْ أَنَّ ٱللَّهَ ٱلَّذِي خَلَقَهُمۡ هُوَ أَشَدُّ مِنۡهُمۡ قُوَّةًۖ وَكَانُواْ بِـَٔايَٰتِنَا يَجۡحَدُونَ

Wat Aad dan aanbetref, hulle was ten onregte arrogant in die land, en het gesê: Wie is sterker as ons? Sien hulle dan nie dat Allah wat hulle geskape het, sterker is as hulle nie? En hulle het Ons tekens ontken

41:16

فَأَرۡسَلۡنَا عَلَيۡهِمۡ رِيحًا صَرۡصَرًا فِيٓ أَيَّامٍ نَّحِسَاتٍ لِّنُذِيقَهُمۡ عَذَابَ ٱلۡخِزۡيِ فِي ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَاۖ وَلَعَذَابُ ٱلۡأٓخِرَةِ أَخۡزَىٰۖ وَهُمۡ لَا يُنصَرُونَ

En Ons het ’n skreeuende wind gedurende noodlottige dae op hulle afgestuur, sodat Ons hulle ’n straf van vernedering in die lewe van hierdie wêreld kon laat smaak. En die straf van die Hiernamaals is gewis nog meer vernederend, en hulle sal nie gehelp word nie

41:17

وَأَمَّا ثَمُودُ فَهَدَيۡنَٰهُمۡ فَٱسۡتَحَبُّواْ ٱلۡعَمَىٰ عَلَى ٱلۡهُدَىٰ فَأَخَذَتۡهُمۡ صَٰعِقَةُ ٱلۡعَذَابِ ٱلۡهُونِ بِمَا كَانُواْ يَكۡسِبُونَ

En wat Thamoed betref, Ons het hulle die regte weg aangewys, maar hulle het blindheid bo leiding verkies, daarom het die blits van ’n vernederende straf hulle getref, omdat hulle dit verdien het

41:18

وَنَجَّيۡنَا ٱلَّذِينَ ءَامَنُواْ وَكَانُواْ يَتَّقُونَ

En hulle wat geglo het en godvresend was, het Ons gered

41:19

وَيَوۡمَ يُحۡشَرُ أَعۡدَآءُ ٱللَّهِ إِلَى ٱلنَّارِ فَهُمۡ يُوزَعُونَ

En op die Dag wanneer die vyande van Allah in die Vuur versamel sal word, sal hulle in groepe verdeel word

41:20

حَتَّىٰٓ إِذَا مَا جَآءُوهَا شَهِدَ عَلَيۡهِمۡ سَمۡعُهُمۡ وَأَبۡصَٰرُهُمۡ وَجُلُودُهُم بِمَا كَانُواْ يَعۡمَلُونَ

En wanner hulle daarnatoe aankom, sal hulle ore en hulle oë en hulle velle getuienis teen hulle aflê oor wat hulle gedoen het

41:21

وَقَالُواْ لِجُلُودِهِمۡ لِمَ شَهِدتُّمۡ عَلَيۡنَاۖ قَالُوٓاْ أَنطَقَنَا ٱللَّهُ ٱلَّذِيٓ أَنطَقَ كُلَّ شَيۡءٍۚ وَهُوَ خَلَقَكُمۡ أَوَّلَ مَرَّةٍ وَإِلَيۡهِ تُرۡجَعُونَ

En hulle sal aan hulle velle sê: Waarom getuig julle teen ons? Dit sal sê: Allah, wat alles laat praat, het ons ook laat praat, en Hy het julle geskape en tot Hom sal julle teruggebring word

41:22

وَمَا كُنتُمۡ تَسۡتَتِرُونَ أَن يَشۡهَدَ عَلَيۡكُمۡ سَمۡعُكُمۡ وَلَآ أَبۡصَٰرُكُمۡ وَلَا جُلُودُكُمۡ وَلَٰكِن ظَنَنتُمۡ أَنَّ ٱللَّهَ لَا يَعۡلَمُ كَثِيرًا مِّمَّا تَعۡمَلُونَ

En julle het nie julleself verberg uit vrees dat julle ore en julle oë en julle velle getuienis teen julle sal aflê nie; julle het gedink dat Allah niks van julle dade af weet nie

41:23

وَذَٰلِكُمۡ ظَنُّكُمُ ٱلَّذِي ظَنَنتُم بِرَبِّكُمۡ أَرۡدَىٰكُمۡ فَأَصۡبَحۡتُم مِّنَ ٱلۡخَٰسِرِينَ

En die valse gedagtes wat julle oor julle Heer gekoester het, het julle na die verderf gelei, daarom is julle verloorders

41:24

فَإِن يَصۡبِرُواْ فَٱلنَّارُ مَثۡوًى لَّهُمۡۖ وَإِن يَسۡتَعۡتِبُواْ فَمَا هُم مِّنَ ٱلۡمُعۡتَبِينَ

Al is hulle nou geduldig, sal die Vuur nogtans hulle verblyfplek wees. Al smeek hulle om genade, aan hulle sal geen genade betoon word nie

41:25

وَقَيَّضۡنَا لَهُمۡ قُرَنَآءَ فَزَيَّنُواْ لَهُم مَّا بَيۡنَ أَيۡدِيهِمۡ وَمَا خَلۡفَهُمۡ وَحَقَّ عَلَيۡهِمُ ٱلۡقَوۡلُ فِيٓ أُمَمٍ قَدۡ خَلَتۡ مِن قَبۡلِهِم مِّنَ ٱلۡجِنِّ وَٱلۡإِنسِۖ إِنَّهُمۡ كَانُواْ خَٰسِرِينَ

Ons het vir hulle geselle gegee wat dít wat voor hulle is en dít wat agter hulle is aantreklik sal laat lyk; en die woord is bewaarheid teen die nasies van djien en mense wat vóór hulle heengegaan het: gewis, hulle is verloorders

41:26

وَقَالَ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ لَا تَسۡمَعُواْ لِهَٰذَا ٱلۡقُرۡءَانِ وَٱلۡغَوۡاْ فِيهِ لَعَلَّكُمۡ تَغۡلِبُونَ

En die ongelowiges sê: Moenie na hierdie Qur’ãn luister nie, maar maak geraas as dit voorgelees word; miskien kry julle nog die oorhand

41:27

فَلَنُذِيقَنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ عَذَابًا شَدِيدًا وَلَنَجۡزِيَنَّهُمۡ أَسۡوَأَ ٱلَّذِي كَانُواْ يَعۡمَلُونَ

Maar Ons sal die ongelowiges sekerlik ’n streng straf laat ondergaan, en Ons sal hulle sekerlik vergeld vir die boosste van hulle dade

41:28

ذَٰلِكَ جَزَآءُ أَعۡدَآءِ ٱللَّهِ ٱلنَّارُۖ لَهُمۡ فِيهَا دَارُ ٱلۡخُلۡدِ جَزَآءَۢ بِمَا كَانُواْ بِـَٔايَٰتِنَا يَجۡحَدُونَ

Die beloning van Allah se vyande is die Vuur. Daarin sal vir hulle ’n verblyfplek wees om in te bly. ’n Vergelding, omdat hulle Ons tekens verwerp het

41:29

وَقَالَ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ رَبَّنَآ أَرِنَا ٱلَّذَيۡنِ أَضَلَّانَا مِنَ ٱلۡجِنِّ وَٱلۡإِنسِ نَجۡعَلۡهُمَا تَحۡتَ أَقۡدَامِنَا لِيَكُونَا مِنَ ٱلۡأَسۡفَلِينَ

En die ongelowiges sal sê: Ons Heer! Wys ons diegene aan onder die djien en mense wat ons verlei het, sodat ons hulle onder ons voete kan vertrap, en sodat hulle verneder kan word

41:30

إِنَّ ٱلَّذِينَ قَالُواْ رَبُّنَا ٱللَّهُ ثُمَّ ٱسۡتَقَٰمُواْ تَتَنَزَّلُ عَلَيۡهِمُ ٱلۡمَلَٰٓئِكَةُ أَلَّا تَخَافُواْ وَلَا تَحۡزَنُواْ وَأَبۡشِرُواْ بِٱلۡجَنَّةِ ٱلَّتِي كُنتُمۡ تُوعَدُونَ

Diegene wat sê: Ons Heer is Allah, en op die regte weg voort- gaan, die engele daal neer op hulle, en sê: Moenie vrees nie, en treur ook nie, en ontvang die goeie nuus van die Paradys wat aan julle belowe is

41:31

نَحۡنُ أَوۡلِيَآؤُكُمۡ فِي ٱلۡحَيَوٰةِ ٱلدُّنۡيَا وَفِي ٱلۡأٓخِرَةِۖ وَلَكُمۡ فِيهَا مَا تَشۡتَهِيٓ أَنفُسُكُمۡ وَلَكُمۡ فِيهَا مَا تَدَّعُونَ

Ons is julle vriende in die lewe van hierdie wêreld en ook in die Hiernamaals, en julle sal daarin verkry wat julle siele verlang en daarna waarom julle vra

41:32

نُزُلًا مِّنۡ غَفُورٍ رَّحِيمٍ

’n Geskikte geskenk van die Vergewensgesinde, die Genade- volle

41:33

وَمَنۡ أَحۡسَنُ قَوۡلًا مِّمَّن دَعَآ إِلَى ٱللَّهِ وَعَمِلَ صَٰلِحًا وَقَالَ إِنَّنِي مِنَ ٱلۡمُسۡلِمِينَ

En wie se woorde is welgevalliger as hy wat Allah aanroep en goeddoen, en sê: Ek behoort sekerlik tot diegene wat hul onderwerp

41:34

وَلَا تَسۡتَوِي ٱلۡحَسَنَةُ وَلَا ٱلسَّيِّئَةُۚ ٱدۡفَعۡ بِٱلَّتِي هِيَ أَحۡسَنُ فَإِذَا ٱلَّذِي بَيۡنَكَ وَبَيۡنَهُۥ عَدَٰوَةٌ كَأَنَّهُۥ وَلِيٌّ حَمِيمٌ

En goed en kwaad is nie eenders nie. Weerstaan die kwaad deur middel van die goeie. En kyk, tussen jou en jou vyand sal ’n boesemvriendskap ontluik

41:35

وَمَا يُلَقَّىٰهَآ إِلَّا ٱلَّذِينَ صَبَرُواْ وَمَا يُلَقَّىٰهَآ إِلَّا ذُو حَظٍّ عَظِيمٍ

En aan niemand word dit toegeken nie, behalwe aan hulle wat geduldig is, en aan niemand word dit toegeken nie behalwe aan die ontvanger van ’n groot gawe

41:36

وَإِمَّا يَنزَغَنَّكَ مِنَ ٱلشَّيۡطَٰنِ نَزۡغٌ فَٱسۡتَعِذۡ بِٱللَّهِۖ إِنَّهُۥ هُوَ ٱلسَّمِيعُ ٱلۡعَلِيمُ

En as ’n valse inblasing van die duiwel u kwel, soek dan toevlug by Allah. Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende

41:37

وَمِنۡ ءَايَٰتِهِ ٱلَّيۡلُ وَٱلنَّهَارُ وَٱلشَّمۡسُ وَٱلۡقَمَرُۚ لَا تَسۡجُدُواْ لِلشَّمۡسِ وَلَا لِلۡقَمَرِ وَٱسۡجُدُواْۤ لِلَّهِۤ ٱلَّذِي خَلَقَهُنَّ إِن كُنتُمۡ إِيَّاهُ تَعۡبُدُونَ

En onder Sy tekens is daar die nag en die dag en die son en die maan. En prostreer nie voor die son nie, en ook nie voor die maan nie, maar prostreer voor Allah, wat hulle geskape het, indien dit Hy is vir wie julle aanbid

41:38

فَإِنِ ٱسۡتَكۡبَرُواْ فَٱلَّذِينَ عِندَ رَبِّكَ يُسَبِّحُونَ لَهُۥ بِٱلَّيۡلِ وَٱلنَّهَارِ وَهُمۡ لَا يَسۡـَٔمُونَ

Maar as hulle hoogmoedig is, dan is daar nog altyd diegene by u Heer wat Hom dag en nag verheerlik en daarvan nie moeg word nie

41:39

وَمِنۡ ءَايَٰتِهِۦٓ أَنَّكَ تَرَى ٱلۡأَرۡضَ خَٰشِعَةً فَإِذَآ أَنزَلۡنَا عَلَيۡهَا ٱلۡمَآءَ ٱهۡتَزَّتۡ وَرَبَتۡۚ إِنَّ ٱلَّذِيٓ أَحۡيَاهَا لَمُحۡيِ ٱلۡمَوۡتَىٰٓۚ إِنَّهُۥ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءٍ قَدِيرٌ

En dit is ’n teken van Hom: dat u die aarde doodstil sien staan, maar wanneer Ons water daarop neerstuur, dan roer dit en swel uit. Hy wat die lewe daaraan skenk, het sekerlik ook die mag om dooies op te wek. Waarlik, Hy het mag oor alle dinge

41:40

إِنَّ ٱلَّذِينَ يُلۡحِدُونَ فِيٓ ءَايَٰتِنَا لَا يَخۡفَوۡنَ عَلَيۡنَآۗ أَفَمَن يُلۡقَىٰ فِي ٱلنَّارِ خَيۡرٌ أَم مَّن يَأۡتِيٓ ءَامِنًا يَوۡمَ ٱلۡقِيَٰمَةِۚ ٱعۡمَلُواْ مَا شِئۡتُمۡ إِنَّهُۥ بِمَا تَعۡمَلُونَ بَصِيرٌ

Hulle wat Ons tekens verdraai, is aan Ons nie onbekend nie. Is hy wat in die Vuur gewerp sal word dan beter daaraan toe as hy wat op die Opstandingsdag veilig sal wees? Doen wat julle wil; waarlik, Hy sien alles wat julle doen

41:41

إِنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ بِٱلذِّكۡرِ لَمَّا جَآءَهُمۡۖ وَإِنَّهُۥ لَكِتَٰبٌ عَزِيزٌ

Diegene wat nie in die Vermaning glo wanneer dit na hulle kom nie, sal die verloorders wees; en waarlik, dit is ’n Onoorwinlike Boek

41:42

لَّا يَأۡتِيهِ ٱلۡبَٰطِلُ مِنۢ بَيۡنِ يَدَيۡهِ وَلَا مِنۡ خَلۡفِهِۦۖ تَنزِيلٌ مِّنۡ حَكِيمٍ حَمِيدٍ

Valsheid kan dit nie van voor of van agter benadeel nie: ’n openbaring van die Allerwyse, die Lofwaardige

41:43

مَّا يُقَالُ لَكَ إِلَّا مَا قَدۡ قِيلَ لِلرُّسُلِ مِن قَبۡلِكَۚ إِنَّ رَبَّكَ لَذُو مَغۡفِرَةٍ وَذُو عِقَابٍ أَلِيمٍ

Niks word aan u gesê nie, behalwe wat ook aan die boodskappers vóór u gesê is. Waarlik, u Heer is die Heer van Vergifnis, en die Heer van die Smartlike Straf

41:44

وَلَوۡ جَعَلۡنَٰهُ قُرۡءَانًا أَعۡجَمِيًّا لَّقَالُواْ لَوۡلَا فُصِّلَتۡ ءَايَٰتُهُۥٓۖ ءَا۬عۡجَمِيٌّ وَعَرَبِيٌّۗ قُلۡ هُوَ لِلَّذِينَ ءَامَنُواْ هُدًى وَشِفَآءٌۚ وَٱلَّذِينَ لَا يُؤۡمِنُونَ فِيٓ ءَاذَانِهِمۡ وَقۡرٌ وَهُوَ عَلَيۡهِمۡ عَمًىۚ أُوْلَٰٓئِكَ يُنَادَوۡنَ مِن مَّكَانِۭ بَعِيدٍ

En indien Ons ’n Qur’ãn in ’n vreemde taal gegee het, sou hulle gesê het: Waarom is sy boodskappe nie duidelik gemaak nie? Hoe nou? ’n Vreemde taal, en ’n Arabier! Sê: Dit is ’n leiding tot genesing vir die gelowiges. En aangaande diegene ~ die ongelowiges ~ daar is ’n doofheid in hulle ore, en dit is vir hulle onduidelik. Hulle word vanaf ’n afgeleë plek geroep

41:45

وَلَقَدۡ ءَاتَيۡنَا مُوسَى ٱلۡكِتَٰبَ فَٱخۡتُلِفَ فِيهِۚ وَلَوۡلَا كَلِمَةٌ سَبَقَتۡ مِن رَّبِّكَ لَقُضِيَ بَيۡنَهُمۡۚ وَإِنَّهُمۡ لَفِي شَكٍّ مِّنۡهُ مُرِيبٍ

En inderdaad het Ons aan Moses die Boek gegee, maar geskille het daaroor ontstaan. En was dit nie dat ’n woord van u Heer reeds voorafgegaan het nie, sou daar sekerlik ’n oordeel tussen hulle uitgespreek gewees het, want waarlik, hulle verkeer daaroor in ’n verontrustende twyfel

41:46

مَّنۡ عَمِلَ صَٰلِحًا فَلِنَفۡسِهِۦۖ وَمَنۡ أَسَآءَ فَعَلَيۡهَاۗ وَمَا رَبُّكَ بِظَلَّٰمٍ لِّلۡعَبِيدِ

Wie goeddoen, doen dit vir sy eie siel; en wie kwaad bedrywe, doen dit tot sy eie nadeel. En u Heer is geensins onregverdig teenoor Sy dienaars nie

41:47

إِلَيۡهِ يُرَدُّ عِلۡمُ ٱلسَّاعَةِۚ وَمَا تَخۡرُجُ مِن ثَمَرَٰتٍ مِّنۡ أَكۡمَامِهَا وَمَا تَحۡمِلُ مِنۡ أُنثَىٰ وَلَا تَضَعُ إِلَّا بِعِلۡمِهِۦۚ وَيَوۡمَ يُنَادِيهِمۡ أَيۡنَ شُرَكَآءِي قَالُوٓاْ ءَاذَنَّٰكَ مَا مِنَّا مِن شَهِيدٍ

Slegs Hy besit kennnis aangaande die Uur. En uit geen blomskede kom vrugte voort, en geen vrou word swanger of verlos, sonder dat Hy daarvan weet nie. En op die Dag wanneer Hy aan hulle sal vra: Waar is My deelgenote? Sal hulle sê: Ons verklaar aan U dat geeneen van ons getuienis daarvan kan aflê nie

41:48

وَضَلَّ عَنۡهُم مَّا كَانُواْ يَدۡعُونَ مِن قَبۡلُۖ وَظَنُّواْ مَا لَهُم مِّن مَّحِيصٍ

En diegene wat hulle voorheen aangeroep het, sal hulle in die steek laat, en hulle sal weet dat hulle nie kan ontsnap nie

41:49

لَّا يَسۡـَٔمُ ٱلۡإِنسَٰنُ مِن دُعَآءِ ٱلۡخَيۡرِ وَإِن مَّسَّهُ ٱلشَّرُّ فَيَـُٔوسٌ قَنُوطٌ

En die mens word nie moeg om die goeie te aanbid nie, maar as die kwaad hom tref, dan is hy wanhopig, sonder hoop

41:50

وَلَئِنۡ أَذَقۡنَٰهُ رَحۡمَةً مِّنَّا مِنۢ بَعۡدِ ضَرَّآءَ مَسَّتۡهُ لَيَقُولَنَّ هَٰذَا لِي وَمَآ أَظُنُّ ٱلسَّاعَةَ قَآئِمَةً وَلَئِن رُّجِعۡتُ إِلَىٰ رَبِّيٓ إِنَّ لِي عِندَهُۥ لَلۡحُسۡنَىٰۚ فَلَنُنَبِّئَنَّ ٱلَّذِينَ كَفَرُواْ بِمَا عَمِلُواْ وَلَنُذِيقَنَّهُم مِّنۡ عَذَابٍ غَلِيظٍ

En as Ons hom barmhartigheid laat smaak nadat hy kommer gehad het, dan sê hy: Dit kom my toe, en ek reken nie dat die Uur ooit sal aanbreek nie; en as ek na my Heer teruggebring word, sal ek by Hom sekerlik net die allerbeste vind. Maar Ons sal die ongelowiges spoedig omtrent hulle dade inlig, en Ons sal hulle straf met ’n swaar straf

41:51

وَإِذَآ أَنۡعَمۡنَا عَلَى ٱلۡإِنسَٰنِ أَعۡرَضَ وَنَـَٔا بِجَانِبِهِۦ وَإِذَا مَسَّهُ ٱلشَّرُّ فَذُو دُعَآءٍ عَرِيضٍ

En wanneer Ons aan die mens guns bewys, draai hy weg en word afvallig; maar wanneer die kwaad hom aanraak, kyk! dan bid hy baie lang gebede

41:52

قُلۡ أَرَءَيۡتُمۡ إِن كَانَ مِنۡ عِندِ ٱللَّهِ ثُمَّ كَفَرۡتُم بِهِۦ مَنۡ أَضَلُّ مِمَّنۡ هُوَ فِي شِقَاقِۭ بَعِيدٍ

Sê: Sien julle, as die Qur’ãn van Allah is en julle glo nie daarin nie, wie verkeer dan in ’n groter dwaling as hy wat hom daarteen verset

41:53

سَنُرِيهِمۡ ءَايَٰتِنَا فِي ٱلۡأٓفَاقِ وَفِيٓ أَنفُسِهِمۡ حَتَّىٰ يَتَبَيَّنَ لَهُمۡ أَنَّهُ ٱلۡحَقُّۗ أَوَلَمۡ يَكۡفِ بِرَبِّكَ أَنَّهُۥ عَلَىٰ كُلِّ شَيۡءٍ شَهِيدٌ

Ons sal weldra Ons tekens in afgeleë streke en onder hulle eie volk toon, totdat dit vir hulle heeltemal duidelik is dat dit die Waarheid is. Is dit nie genoeg dat u Heer ’n Getuie oor alle dinge is nie

41:54

أَلَآ إِنَّهُمۡ فِي مِرۡيَةٍ مِّن لِّقَآءِ رَبِّهِمۡۗ أَلَآ إِنَّهُۥ بِكُلِّ شَيۡءٍ مُّحِيطُۢ

Nou verkeer hulle sekerlik in twyfel aangaande die ontmoeting met hulle Heer. Kyk! Hy omvat alle dinge

Translation: Imam M. A. Baker.