Surah 104 · 9 verses · Imam M. A. Baker
بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
وَيۡلٌ لِّكُلِّ هُمَزَةٍ لُّمَزَةٍ
Wee elke lasteraar, kwaadspreker
ٱلَّذِي جَمَعَ مَالًا وَعَدَّدَهُۥ
wat rykdom vergaar en dit telke male oor en oor tel
يَحۡسَبُ أَنَّ مَالَهُۥٓ أَخۡلَدَهُۥ
en meen dat sy rykdom hom vir ewig sal baat
كـَلَّاۖ لَيُنۢبَذَنَّ فِي ٱلۡحُطَمَةِ
Nee, hy sal in die malende meul gewerp word
وَمَآ أَدۡرَىٰكَ مَا ٱلۡحُطَمَةُ
En wat sal u laat verstaan wat die malende meul is
نَارُ ٱللَّهِ ٱلۡمُوقَدَةُ
Dit is die Vuur wat Allah aangesteek het
ٱلَّتِي تَطَّلِعُ عَلَى ٱلۡأَفۡـِٔدَةِ
en waarvan die brandstof harte is
إِنَّهَا عَلَيۡهِم مُّؤۡصَدَةٌ
Voorwaar, dit omsluit hulle
فِي عَمَدٍ مُّمَدَّدَةِۭ
in uitgestrekte kolomme
Translation: Imam M. A. Baker.