Surah 100 · 11 verses · Imam M. A. Baker

Surah Al-'Adiyat in Afrikaans

In English with tafsir

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

100:1

وَٱلۡعَٰدِيَٰتِ ضَبۡحًا

By hulle wat skreeuend storm

100:2

فَٱلۡمُورِيَٰتِ قَدۡحًا

En hulle wat vuurvonke uitslaan

100:3

فَٱلۡمُغِيرَٰتِ صُبۡحًا

En teen dagbreek plotseling ’n aanval doen

100:4

فَأَثَرۡنَ بِهِۦ نَقۡعًا

en so ’n stofspoor laat

100:5

فَوَسَطۡنَ بِهِۦ جَمۡعًا

en deur die vyandige menigtes breek

100:6

إِنَّ ٱلۡإِنسَٰنَ لِرَبِّهِۦ لَكَنُودٌ

Voorwaar, die mens is ondankbaar teenoor sy Heer

100:7

وَإِنَّهُۥ عَلَىٰ ذَٰلِكَ لَشَهِيدٌ

En waarlik, hy self is getuie daarvan

100:8

وَإِنَّهُۥ لِحُبِّ ٱلۡخَيۡرِ لَشَدِيدٌ

en weens sy liefde vir rykdom is hy suinig

100:9

أَفَلَا يَعۡلَمُ إِذَا بُعۡثِرَ مَا فِي ٱلۡقُبُورِ

Weet hy dan nie dat wat in die grafte is, opgewek sal word nie

100:10

وَحُصِّلَ مَا فِي ٱلصُّدُورِ

en dat wat in die harte is, bekend gemaak sal word nie

100:11

إِنَّ رَبَّهُم بِهِمۡ يَوۡمَئِذٍ لَّخَبِيرُۢ

Hulle Heer sal aangaande hulle op hierdie Dag goed ingelig wees

Translation: Imam M. A. Baker.