بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
82:1إِذَا ٱلسَّمَآءُ ٱنفَطَرَتۡ
Wanneer die hemele van mekaar gekloof
82:2وَإِذَا ٱلۡكَوَاكِبُ ٱنتَثَرَتۡ
en die sterre verstrooi sal word
82:3وَإِذَا ٱلۡبِحَارُ فُجِّرَتۡ
en wanneer die riviere leeg sal loop
82:4وَإِذَا ٱلۡقُبُورُ بُعۡثِرَتۡ
en die grafte geopen sal word
82:5عَلِمَتۡ نَفۡسٌ مَّا قَدَّمَتۡ وَأَخَّرَتۡ
sal elke siel weet wat deur hom vooruitgestuur, en wat deur hom agtergelaat is
82:6يَٰٓأَيُّهَا ٱلۡإِنسَٰنُ مَا غَرَّكَ بِرَبِّكَ ٱلۡكَرِيمِ
O mens! Wat het u van u Heer, die Barmhartige, verwyder
82:7ٱلَّذِي خَلَقَكَ فَسَوَّىٰكَ فَعَدَلَكَ
Hy wat u geskape het en u daarna volkome gemaak het, en vir u ’n juiste verhouding gegee het
82:8فِيٓ أَيِّ صُورَةٍ مَّا شَآءَ رَكَّبَكَ
In watter vorm ook al, soos dit Hom behaag, vorm Hy u
82:9كـَلَّا بَلۡ تُكَذِّبُونَ بِٱلدِّينِ
Nee, maar julle ontken die Oordeel
82:10وَإِنَّ عَلَيۡكُمۡ لَحَٰفِظِينَ
En daar is waarlik bewakers oor julle
82:11كِرَامًا كَٰتِبِينَ
eerbare skrywers
82:12يَعۡلَمُونَ مَا تَفۡعَلُونَ
wat weet wat hulle doen
82:13إِنَّ ٱلۡأَبۡرَارَ لَفِي نَعِيمٍ
Voorwaar, die deugsame word met vreugde omring
82:14وَإِنَّ ٱلۡفُجَّارَ لَفِي جَحِيمٍ
en die goddelose deur die Hel
82:15يَصۡلَوۡنَهَا يَوۡمَ ٱلدِّينِ
Hulle sal daarin gaan op die Dag van Oordeel
82:16وَمَا هُمۡ عَنۡهَا بِغَآئِبِينَ
en sal nie afwesig kan wees nie
82:17وَمَآ أَدۡرَىٰكَ مَا يَوۡمُ ٱلدِّينِ
En wat sal u laat begryp wat die Dag van Oordeel is
82:18ثُمَّ مَآ أَدۡرَىٰكَ مَا يَوۡمُ ٱلدِّينِ
Nogmaals, wat sal u laat begryp wat die Dag van Oordeel is
82:19يَوۡمَ لَا تَمۡلِكُ نَفۡسٌ لِّنَفۡسٍ شَيۡـًٔاۖ وَٱلۡأَمۡرُ يَوۡمَئِذٍ لِّلَّهِ
Die Dag wanneer geen siel iets vir ’n ander sal kan bewerk nie. En die gebod op daardie Dag berus alleen by Allah
Translation: Imam M. A. Baker.