Surah 86 · 17 verses · Imam M. A. Baker

Surah At-Tariq in Afrikaans

In English with tafsir

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

86:1

وَٱلسَّمَآءِ وَٱلطَّارِقِ

By die hemele en by die Aandster

86:2

وَمَآ أَدۡرَىٰكَ مَا ٱلطَّارِقُ

Wat sal u laat verstaan wat die Aandster is

86:3

ٱلنَّجۡمُ ٱلثَّاقِبُ

Dit is ’n skitterende ster

86:4

إِن كُلُّ نَفۡسٍ لَّمَّا عَلَيۡهَا حَافِظٌ

En daar is geen siel waaroor daar nie ’n waker is nie

86:5

فَلۡيَنظُرِ ٱلۡإِنسَٰنُ مِمَّ خُلِقَ

Laat die mens dus besef waarvan hy geskape is

86:6

خُلِقَ مِن مَّآءٍ دَافِقٍ

Hy word geskep uit stortende water

86:7

يَخۡرُجُ مِنۢ بَيۡنِ ٱلصُّلۡبِ وَٱلتَّرَآئِبِ

wat uit die ribbes en die ruggraat kom

86:8

إِنَّهُۥ عَلَىٰ رَجۡعِهِۦ لَقَادِرٌ

Waarlik, Hy is by magte om die mens weer op te wek

86:9

يَوۡمَ تُبۡلَى ٱلسَّرَآئِرُ

Op die Dag wanneer die geheime openbaar sal word

86:10

فَمَا لَهُۥ مِن قُوَّةٍ وَلَا نَاصِرٍ

dan sal hy geen krag of helper hê nie

86:11

وَٱلسَّمَآءِ ذَاتِ ٱلرَّجۡعِ

By die wolk wat reën gee

86:12

وَٱلۡأَرۡضِ ذَاتِ ٱلصَّدۡعِ

en by die aarde wat plante laat voortspruit

86:13

إِنَّهُۥ لَقَوۡلٌ فَصۡلٌ

voorwaar, dit is ’n Beslissende Woord

86:14

وَمَا هُوَ بِٱلۡهَزۡلِ

en ook geen ydele Woord nie

86:15

إِنَّهُمۡ يَكِيدُونَ كَيۡدًا

Voorwaar, húlle beraam ’n plan

86:16

وَأَكِيدُ كَيۡدًا

en Ek beraam ’n plan

86:17

فَمَهِّلِ ٱلۡكَٰفِرِينَ أَمۡهِلۡهُمۡ رُوَيۡدَۢا

Skenk die ongelowiges dus uitstel ~ laat hulle alleen vir ’n tyd en wyl

Translation: Imam M. A. Baker.