بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ
96:1ٱقۡرَأۡ بِٱسۡمِ رَبِّكَ ٱلَّذِي خَلَقَ
Lees in die Naam van u Heer, die Skepper
96:2خَلَقَ ٱلۡإِنسَٰنَ مِنۡ عَلَقٍ
wat die mens uit ’n bloeddruppel skep
96:3ٱقۡرَأۡ وَرَبُّكَ ٱلۡأَكۡرَمُ
Lees, want u Heer is die mees Eerbiedwaardige
96:4ٱلَّذِي عَلَّمَ بِٱلۡقَلَمِ
wat deur middel van die pen onderrig
96:5عَلَّمَ ٱلۡإِنسَٰنَ مَا لَمۡ يَعۡلَمۡ
die mens leer wat hy nie geken het nie
96:6كـَلَّآ إِنَّ ٱلۡإِنسَٰنَ لَيَطۡغَىٰٓ
Maar die mens is waarlik opstandig
96:7أَن رَّءَاهُ ٱسۡتَغۡنَىٰٓ
omdat hy homself onafhanklik ag
96:8إِنَّ إِلَىٰ رَبِّكَ ٱلرُّجۡعَىٰٓ
Voorwaar, julle terugkeer is tot julle Heer
96:9أَرَءَيۡتَ ٱلَّذِي يَنۡهَىٰ
Het u hom gesien, hy wat
96:10عَبۡدًا إِذَا صَلَّىٰٓ
’n dienaar belet om te bid
96:11أَرَءَيۡتَ إِن كَانَ عَلَى ٱلۡهُدَىٰٓ
Merk u dat hy die regte pad volg
96:12أَوۡ أَمَرَ بِٱلتَّقۡوَىٰٓ
of dat hy godvresendheid gebied
96:13أَرَءَيۡتَ إِن كَذَّبَ وَتَوَلَّىٰٓ
Merk u dat hy ontken en homself wegdraai
96:14أَلَمۡ يَعۡلَم بِأَنَّ ٱللَّهَ يَرَىٰ
Weet hy nie dat Allah alles sien nie
96:15كـَلَّا لَئِن لَّمۡ يَنتَهِ لَنَسۡفَعَۢا بِٱلنَّاصِيَةِ
Nee, as hy nie ophou nie, sal Ons hom by die kuif hare van sy voorhoof gryp
96:16نَاصِيَةٍ كَٰذِبَةٍ خَاطِئَةٍ
die leuenagtige, sondige voorhoof
96:17فَلۡيَدۡعُ نَادِيَهُۥ
Laat hy dan sy raadgewers byeenroep
96:18سَنَدۡعُ ٱلزَّبَانِيَةَ
Ons sal ook Ons dapper weermag oproep
96:19كـَلَّا لَا تُطِعۡهُ وَٱسۡجُدۡۤ وَٱقۡتَرِب
Nee! Gehoorsam hóm nie, maar prostreer, en reik nader na Allah
Translation: Imam M. A. Baker.