Surah 92 · 21 verses · Imam M. A. Baker

Surah Al-Layl in Afrikaans

In English with tafsir

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

92:1

وَٱلَّيۡلِ إِذَا يَغۡشَىٰ

By die nag wanner dit omsluier

92:2

وَٱلنَّهَارِ إِذَا تَجَلَّىٰ

En by die strale van die dag

92:3

وَمَا خَلَقَ ٱلذَّكَرَ وَٱلۡأُنثَىٰٓ

En by die skepping van die man en die vrou

92:4

إِنَّ سَعۡيَكُمۡ لَشَتَّىٰ

Voorwaar, julle strewe beoog verskillende doelwitte

92:5

فَأَمَّا مَنۡ أَعۡطَىٰ وَٱتَّقَىٰ

Dan wat hom betref wat offergawes gee en Hom vrees

92:6

وَصَدَّقَ بِٱلۡحُسۡنَىٰ

en die goeie aanvaar

92:7

فَسَنُيَسِّرُهُۥ لِلۡيُسۡرَىٰ

Ons sal sy weg vir hom gelykmaak, en hy sal suksesvol wees

92:8

وَأَمَّا مَنۢ بَخِلَ وَٱسۡتَغۡنَىٰ

Maar hy wat gierig is en dink dat hy selfgenoegsaam is

92:9

وَكَذَّبَ بِٱلۡحُسۡنَىٰ

en wat die beste is, verwerp

92:10

فَسَنُيَسِّرُهُۥ لِلۡعُسۡرَىٰ

Ons sal sy weg ellendig maak

92:11

وَمَا يُغۡنِي عَنۡهُ مَالُهُۥٓ إِذَا تَرَدَّىٰٓ

en rykdom sal hom niks baat wanneer hy vergaan nie

92:12

إِنَّ عَلَيۡنَا لَلۡهُدَىٰ

Voorwaar, dit is Ons plig om te lei

92:13

وَإِنَّ لَنَا لَلۡأٓخِرَةَ وَٱلۡأُولَىٰ

En waarlik, aan Ons behoort die Hiernamaals sowel as die tyd wat verby is

92:14

فَأَنذَرۡتُكُمۡ نَارًا تَلَظَّىٰ

Daarom waarsku Ek julle teen die Vlammende Vuur

92:15

لَا يَصۡلَىٰهَآ إِلَّا ٱلۡأَشۡقَى

niemand, behalwe die rampsaligste, sal dit binnegaan nie

92:16

ٱلَّذِي كَذَّبَ وَتَوَلَّىٰ

hulle wat die waarheid verwerp en weg

92:17

وَسَيُجَنَّبُهَا ٱلۡأَتۡقَى

Maar die regverdige sal ver daarvandaan bly

92:18

ٱلَّذِي يُؤۡتِي مَالَهُۥ يَتَزَكَّىٰ

hy wat van sy rykdom bestee om homself te reinig

92:19

وَمَا لِأَحَدٍ عِندَهُۥ مِن نِّعۡمَةٍ تُجۡزَىٰٓ

En niemand durf reken dat hy beloon moet word nie

92:20

إِلَّا ٱبۡتِغَآءَ وَجۡهِ رَبِّهِ ٱلۡأَعۡلَىٰ

behalwe hy wat die welbehae van sy Heer, die Verhewene, soek

92:21

وَلَسَوۡفَ يَرۡضَىٰ

En hy sal weldra tevrede wees

Translation: Imam M. A. Baker.