Surah 74 · 56 verses · Imam M. A. Baker

Surah Al-Muddaththir in Afrikaans

In English with tafsir

بِسۡمِ ٱللَّهِ ٱلرَّحۡمَٰنِ ٱلرَّحِيمِ

74:1

يَٰٓأَيُّهَا ٱلۡمُدَّثِّرُ

O, u wat omgehul is

74:2

قُمۡ فَأَنذِرۡ

Staan op en waarsku

74:3

وَرَبَّكَ فَكَبِّرۡ

en verkondig die Grootheid van u Heer

74:4

وَثِيَابَكَ فَطَهِّرۡ

en reinig u kledingstukke

74:5

وَٱلرُّجۡزَ فَٱهۡجُرۡ

en vermy die onreinheid

74:6

وَلَا تَمۡنُن تَسۡتَكۡثِرُ

en bewys geen guns waarmee u winste soek nie

74:7

وَلِرَبِّكَ فَٱصۡبِرۡ

en wees geduldig ter wille van Allah

74:8

فَإِذَا نُقِرَ فِي ٱلنَّاقُورِ

Want as die basuin geblaas word

74:9

فَذَٰلِكَ يَوۡمَئِذٍ يَوۡمٌ عَسِيرٌ

sal die Dag ’n moeilike dag wees

74:10

عَلَى ٱلۡكَٰفِرِينَ غَيۡرُ يَسِيرٍ

glad nie aangenaam vir die ongelowiges nie

74:11

ذَرۡنِي وَمَنۡ خَلَقۡتُ وَحِيدًا

Laat My alleen met hom wat Ek geskape het

74:12

وَجَعَلۡتُ لَهُۥ مَالًا مَّمۡدُودًا

en Ek het hom oorvloedige rykdom gegee

74:13

وَبَنِينَ شُهُودًا

en seuns wat in sy aanwesigheid is

74:14

وَمَهَّدتُّ لَهُۥ تَمۡهِيدًا

en vir hom sy saak vergemaklik

74:15

ثُمَّ يَطۡمَعُ أَنۡ أَزِيدَ

en tog verlang hy dat Ek hom nog meer moet gee

74:16

كـَلَّآۖ إِنَّهُۥ كَانَ لِأٓيَٰتِنَا عَنِيدًا

Geensins! Hy was waarlik vyandiggesind teen Ons tekens

74:17

سَأُرۡهِقُهُۥ صَعُودًا

Ek sal hom ’n swaar straf oplê

74:18

إِنَّهُۥ فَكَّرَ وَقَدَّرَ

Sekerlik het hy nagedink en beslis

74:19

فَقُتِلَ كَيۡفَ قَدَّرَ

maar mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit

74:20

ثُمَّ قُتِلَ كَيۡفَ قَدَّرَ

Nogmaals, mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit

74:21

ثُمَّ نَظَرَ

Toe het hy gekyk

74:22

ثُمَّ عَبَسَ وَبَسَرَ

toe gefrons en suur gelyk

74:23

ثُمَّ أَدۡبَرَ وَٱسۡتَكۡبَرَ

daarna het hy omgedraai en in hoogmoed verkeer

74:24

فَقَالَ إِنۡ هَٰذَآ إِلَّا سِحۡرٌ يُؤۡثَرُ

en toe gesê: Dit is niks anders as towery soos van ouds nie

74:25

إِنۡ هَٰذَآ إِلَّا قَوۡلُ ٱلۡبَشَرِ

Dit is niks anders as die woord van ’n sterfling nie

74:26

سَأُصۡلِيهِ سَقَرَ

Ek sal hom in die Hel indompel

74:27

وَمَآ أَدۡرَىٰكَ مَا سَقَرُ

En hoe sal u besef wat die Hel is

74:28

لَا تُبۡقِي وَلَا تَذَرُ

Dit ontsien niks nie, nóg laat dit iets gespaar bly

74:29

لَوَّاحَةٌ لِّلۡبَشَرِ

dit verskroei die sterfling

74:30

عَلَيۡهَا تِسۡعَةَ عَشَرَ

Negentien engele waak daaroor

74:31

وَمَا جَعَلۡنَآ أَصۡحَٰبَ ٱلنَّارِ إِلَّا مَلَٰٓئِكَةًۖ وَمَا جَعَلۡنَا عِدَّتَهُمۡ إِلَّا فِتۡنَةً لِّلَّذِينَ كَفَرُواْ لِيَسۡتَيۡقِنَ ٱلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡكِتَٰبَ وَيَزۡدَادَ ٱلَّذِينَ ءَامَنُوٓاْ إِيمَٰنًا وَلَا يَرۡتَابَ ٱلَّذِينَ أُوتُواْ ٱلۡكِتَٰبَ وَٱلۡمُؤۡمِنُونَ وَلِيَقُولَ ٱلَّذِينَ فِي قُلُوبِهِم مَّرَضٌ وَٱلۡكَٰفِرُونَ مَاذَآ أَرَادَ ٱللَّهُ بِهَٰذَا مَثَلًاۚ كَذَٰلِكَ يُضِلُّ ٱللَّهُ مَن يَشَآءُ وَيَهۡدِي مَن يَشَآءُۚ وَمَا يَعۡلَمُ جُنُودَ رَبِّكَ إِلَّا هُوَۚ وَمَا هِيَ إِلَّا ذِكۡرَىٰ لِلۡبَشَرِ

En niemand buiten engele het Ons as wagters van die Vuur aangestel nie. En Ons het hulle getal vir geen ander rede vas- gestel nie, as ’n beproewing vir die ongelowiges, sodat hulle aan wie die Boek gegee is, seker kan wees, en dat die gelowiges in geloof mag toeneem, en sodat diegene aan wie die boek gegee is, en die gelowiges, nie mag twyfel nie; en sodat diegene in wie se harte ’n siekte is, en die ongelowiges, mag sê: Wat bedoel Allah met hierdie gelykenis? So laat Allah dwaal wie Hy wil, en Hy lei wie Hy wil. En niemand ken die leërskare van u Heer nie, behalwe Hy Self. En dít is niks anders as ’n Vermaning vir die mensdom nie

74:32

كـَلَّا وَٱلۡقَمَرِ

Nee, by die maan

74:33

وَٱلَّيۡلِ إِذۡ أَدۡبَرَ

En die nag as dit heengaan

74:34

وَٱلصُّبۡحِ إِذَآ أَسۡفَرَ

En die daeraad wanneer dit aanbreek

74:35

إِنَّهَا لَإِحۡدَى ٱلۡكُبَرِ

Voorwaar, dit is slegs een van die grootste tydings

74:36

نَذِيرًا لِّلۡبَشَرِ

’n waarskuwing vir die mensdom

74:37

لِمَن شَآءَ مِنكُمۡ أَن يَتَقَدَّمَ أَوۡ يَتَأَخَّرَ

vir diegene onder julle wat vooruit wil strewe, of agteruit wil deins

74:38

كُلُّ نَفۡسِۭ بِمَا كَسَبَتۡ رَهِينَةٌ

Elke siel word in pand gehou volgens sy vedienste

74:39

إِلَّآ أَصۡحَٰبَ ٱلۡيَمِينِ

behalwe dié van die volk aan die regterhand

74:40

فِي جَنَّٰتٍ يَتَسَآءَلُونَ

In Tuine sal hulle wees, en mekaar uitvra

74:41

عَنِ ٱلۡمُجۡرِمِينَ

aangaande misdadigers

74:42

مَا سَلَكَكُمۡ فِي سَقَرَ

Wat het julle in die Hel gebring

74:43

قَالُواْ لَمۡ نَكُ مِنَ ٱلۡمُصَلِّينَ

Hulle sal antwoord: Ons was nie bidders nie

74:44

وَلَمۡ نَكُ نُطۡعِمُ ٱلۡمِسۡكِينَ

ook het ons die armes nie gevoed nie

74:45

وَكُنَّا نَخُوضُ مَعَ ٱلۡخَآئِضِينَ

en ons het ydele gesprekke gevoer saam met diegene wat ydele gesprekke voer

74:46

وَكُنَّا نُكَذِّبُ بِيَوۡمِ ٱلدِّينِ

en ons het die Oordeelsdag verloën

74:47

حَتَّىٰٓ أَتَىٰنَا ٱلۡيَقِينُ

totdat die onvermydelike ons ingehaal het

74:48

فَمَا تَنفَعُهُمۡ شَفَٰعَةُ ٱلشَّٰفِعِينَ

Daarom sal die tussenkoms van bemiddelaars hulle nie baat nie

74:49

فَمَا لَهُمۡ عَنِ ٱلتَّذۡكِرَةِ مُعۡرِضِينَ

Wat makeer hulle dan, dat hulle van die Vermaning wegdraai

74:50

كَأَنَّهُمۡ حُمُرٌ مُّسۡتَنفِرَةٌ

asof hulle verskrikte esels is

74:51

فَرَّتۡ مِن قَسۡوَرَةِۭ

wat voor ’n leeu uitvlug

74:52

بَلۡ يُرِيدُ كُلُّ ٱمۡرِيٍٕ مِّنۡهُمۡ أَن يُؤۡتَىٰ صُحُفًا مُّنَشَّرَةً

Nee, elkeen van hulle begeer dat oopgeslane bladsye aan hom gewys moet word

74:53

كـَلَّاۖ بَل لَّا يَخَافُونَ ٱلۡأٓخِرَةَ

Geensins! Maar hulle vrees nie die Hiernamaals nie

74:54

كـَلَّآ إِنَّهُۥ تَذۡكِرَةٌ

Nee, waarlik, dit is ’n Vermaning

74:55

فَمَن شَآءَ ذَكَرَهُۥ

wie wil, sal dit oordink

74:56

وَمَا يَذۡكُرُونَ إِلَّآ أَن يَشَآءَ ٱللَّهُۚ هُوَ أَهۡلُ ٱلتَّقۡوَىٰ وَأَهۡلُ ٱلۡمَغۡفِرَةِ

Maar hulle sal nie indagtig wees nie, tensy Allah dit so wil. Hy is Waardig dat die plig teenoor Hom nagekom sal word, en Waardig om te vergewe

Translation: Imam M. A. Baker.